Potgooie – RSG
*Let wel dat die inligting slegs beskikbaar is in Afrikaans
Agorafobie
Anton Böhmer op RSG
8 Julie 2022
Agorafobie is die irrasionele vrees vir openbare of oop spasies. Die persoon vrees situasies waar hulle beheer kan verloor, vasgevang kan raak en/of nie hulp kan kry nie. Internasionaal is die getalle van hierdie fobie besig om toe te neem. Hoekom? Wat is die dryfkrag agter hierdie siekte, en wat kan ons daaraan doen?
#agoraphobia
Boeliegedrag
Anton Böhmer op RSG
10 Junie 2022
Baie mense sit in die onmoontlike situasie waar hulle geliefdes hulleself in ‘n boeliesituasie bevind, hetsy by ‘n aftreeoord of die sorgsentrum, of selfs by die bure, vriende of personeel. Boeliegedrag is nie vreemd onder ons ouer geslag nie. Hoe kan familie help? Watter stappe kan gedoen word?
#bullying
Depressie
Anton Böhmer op RSG
6 Mei 2022
Depressie is ‘n term wat gebruik word vir ‘n gemoed wat só aangetas is dat persone wat daarmee saamleef, sukkel om normaal te funksioneer. Dit kom in verskillende vorms voor, maar die algemeenste en bekendste staan bekend as major-depressie. Voor Covid-19 was daar sprake dat depressie teen 2030 die meeste lewens per jaar sal eis, en nou het daardie datum nadergeskuif. Mense sukkel. Hulle sukkel op verskeie vlakke. Hoekom dit so is, is deel van die proses om dit teen te staan. Lise Swart kyk na die jongste navorsing, behandeling en alles wat mens van hierdie siekte moet weet.
#depression
Vergifnis
Anton Böhmer op RSG
15 April 2022
Om iemand te vergewe beteken nie dat jy die skade wat jou aangerig is, vergeet of verskoon nie. Vergifnis bring ‘n soort vrede wat jou help om aan te gaan met jou lewe. Die proses van vergifnis kan selfs lei tot gevoelens van begrip, empatie en deernis vir die betrokke partye. Maar dis makliker gesê as gedaan. Hoor hoekom vergifnis ‘n kardinale rol speel in die proses om mooi na jouself kyk.
#forgiveness #forgive
Motivering
Anton Böhmer op RSG
25 Februarie 2022
