Die selfopgelegde vonnis: waarom ons soms voel ons verdien NIE om gelukkig te wees nie.
In hierdie gedagteprikkelende episode ondersoek ons die komplekse en dikwels diepgewortelde oortuiging wat sommige mense het: dat hulle verdien om ongelukkig te wees. Ons gas, Anton Böhmer, ‘n terapeut wat spesialiseer in selfbeeld en emosionele welstand, help ons om die oorsake van hierdie ingesteldheid te verstaan en hoe dit in ons lewens kan manifesteer. Ons bespreek hoe vorige ervarings, negatiewe selfgesprekke en verwagtinge kan bydra tot hierdie gevoel van verdiende ongelukkigheid. Anton deel ook strategieë om hierdie selfopgelegde beperkings te herken en uit te daag, en om ‘n meer deernisvolle en liefdevolle verhouding met jouself te kweek.